beleg
13 November 2026
gewysig op 16 November 2026
die edele toring se vensters safierblou
is besig om die landskap sag dop te hou
melkwit marmer gloei in die son
dis my taak om haar te bekom
goue vlae oor die bastion drapeer
hierdie stryd sal ek trotseer
‘n bewaakte pêrel wat skitter op die bult
ander heerskappy sal ek nie dult
nóg bestorm nóg bekoor
jou sitadel is waar ek hoort
buite jou mure, bedroef en vol stof
gaan jy my toelaat in jou reine hof?
strategies sal ek moet besin
om díé kasteel se hart te win